Met 20 jaar se ondervinding in pre-primêre onderrig, kan ons met vertroue en groot trots bekendmaak dat Kabouter Kollege ’n omvattende kurrikulum volg, wat kleuters en peuters, skoolgereed asook lewensgereed kry, in ‘n liefdevolle omgewing waar elke kind saak maak.
Deur individuele aandag streef ons daarna om elke kind se potensiaal ten volle te ontwikkel deur hulle natuurlike nuuskierigheid te benut en dit in te span in verskeie aktiwiteite en genoegsame speel.
Ons doel is om gelukkige en goed gebalanseerde kindertjies te help vorm, met standvastige waardes wat ‘n aanwins sal wees in enige situasie waarin hul hulself sou bevind.
